content top
Claude Pretorius has Buddy!

Claude Pretorius has Buddy!

Claude is ‘n boerseun uit die Boland wat die verhoog tot 2008 beskou het as ‘n stokperdjie en het vir verskeie bekende handelsname soos Egoli op hul “roadshows”, Die Burger by die KKNK en Huisgenoot, om ‘n paar te noem as Seremonie Meester opgetree waarna hy sy aktetas permanent vir ‘n mikrofoon verruil het.

Hy het ‘n hele paar verhoog produksies, voor en agter die skerms, optredes by van ons land se grootse feeste asook ‘n rol in ‘n paasdrama vir MNET agter sy naam.

Vir die afgelope 6 jaar is hy die stem van die Garden Route Casino in die Suid-Kaap.

Met sy sangloopbaan as solis in die lig klassieke en die “Big Band” genre verskyn hy gereeld op die verhoog.

Deesdae anker hy die 09h00 tot 12h00 tydsgleuf op die Suid-Kaap se gemeenskaps radiostasie EDEN Fm.

Hy het ‘n talent om ‘n produksie bymekaar te hou en is geseend met ‘n liefde om ‘n verhoog lewe te gee as seremoniemeester.



Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Get Adobe Flash playerPlugin by wpburn.com wordpress themes